Wednesday, 28 September 2016

Kop luis produkte wat werk?

Teen die tyd wat 'n moedelose ma by my aanklop vir hulp het sy al in die omtrek van R500-00 uitgegee op produkte, om nie te praat van die ure wat sy besig was met haar kind se hare nie. Vandag is alles is duur en niemand wil geld mors nie. Die geheim om ontslae te raak van kopluise is nie die produkte nie.  Daar mag geen eiers/ nete op die kop agterbly nie. Alle kopluis produkte het iewers 'n inskrywing wat verduidelik dat al die nete uitgekam moet word. Ma's kla altyd die kop luise kom terug. Nee, hulle was nooit weg nie!

By Itchy Monkeez het ek die geduld, ondervinding en toerusting om al die nete uit te kam. Probeer my eerste om geld en tyd te spaar.

Wednesday, 7 September 2016

Ek het die afgelope paar maande soveel navrae gekry van desperate ouers wat sukkel om van hulle kinders se kopluise ontslae te raak, dat ek besluit het om weer te begin met Itchy Monkeez.

Die salon is privaat, van my huis af en ouers kan of lekker hier ontspan of die kinders by my los en 'n luisvrye kind optel na 'n paar uur.

Onthou die meeste kinders onder dertien kry een of ander tyd kopluise. Hoe skoner jou kind se hare, hoe maklikker is dit vir die luise om in te trek.

Tuesday, 19 May 2015

Monday, 4 May 2015

Kopluise is geen skande


Ek hoor gereeld:"Ek kon die luise op my kind se kop sien loop. Ek was so skaam. Ek ys as ek dink wie almal dit nog gesien het.  My arme kind, ek kan nie glo ek het dit nie agtergekom nie. Ek voel soos 'n slegte ma."

Kopluise is 'n pyn, maar dit is nie 'n skande nie.  Die slegste ding wat 'n ma kan doen is nie om 'n paar kopluise mis te kyk nie, dit is om haar te skaam daarvoor, en om haar verleentheid op haar kind oor te dra.

Moenie:
  • raas as jou kind haar kop krap nie
  • jou kind laat verstaan dat jy nou vir hom gril nie
  • van die kopluise 'n krisis maak nie
Ek weet dit is moeilik, maar:
  • bly kalm
  • verduidelik vir jou kind dat die meeste kinders tussen 4 en 14 kopluise kan kry
  • kopluise verkies skoon hare
  • saam gaan julle ontslae raak van die kopluise
Enige ma wat spog dat haar kinders nooit kopluise gehad het nie is of besig om te jok, sy was baie gelukkig of haar kinders was afsydig, en het nooit naby hulle maatjies gekom nie.