Tuesday, 19 May 2015
Monday, 4 May 2015
Kopluise is geen skande
Ek hoor gereeld:"Ek kon die luise op my kind se kop sien loop. Ek was so skaam. Ek ys as ek dink wie almal dit nog gesien het. My arme kind, ek kan nie glo ek het dit nie agtergekom nie. Ek voel soos 'n slegte ma."
Kopluise is 'n pyn, maar dit is nie 'n skande nie. Die slegste ding wat 'n ma kan doen is nie om 'n paar kopluise mis te kyk nie, dit is om haar te skaam daarvoor, en om haar verleentheid op haar kind oor te dra.
Moenie:
- raas as jou kind haar kop krap nie
- jou kind laat verstaan dat jy nou vir hom gril nie
- van die kopluise 'n krisis maak nie
- bly kalm
- verduidelik vir jou kind dat die meeste kinders tussen 4 en 14 kopluise kan kry
- kopluise verkies skoon hare
- saam gaan julle ontslae raak van die kopluise
Subscribe to:
Posts (Atom)