Hoe werk dit?
Die eerste stap is om ma’s en kinders te ondersoek om infestasie van kopluise te bevestig. Onthou, mammas staan 'n 90% kans om deur hul kinders besmet te word. Die ondersoek is gratis en neem nie baie tyd in beslag nie - tops 15 minute per persoon. Indien infestasie bevestig is begin die behandeling. Afhangende van die lengte van die hare en die erns van die besmetting, kan die eerste afspraak van 90 minute tot vyf uur duur. Die hare word met Paranix Spray (‘n veilige produk) bespuit en goed deur die hare versprei. Ek verdeel dan die hare in ongeveer 28 dele en word noukeurig en deegik gekam om die dooie luise en al die nete te verwyder om 100% seker te maak dat daar nie her- infestasie kan plaasvind deur nete wat weer uitbroei nie. Die nete kan soms behandelings oorleef wat die volwassenes doodmaak. (Hierdie goggas het oor millennia ontwikkel om in hare te leef. Hulle is hier om te bly.)
Die opvolg afspraak is baie belangrik om te bevestig dat daar geen luise uitgebroei het nie. Dit moet binne 14 dae plaasvind.
Subscribe to:
Posts (Atom)
No comments:
Post a Comment