Hoekom Paranix?
Daar is ma’s wie die nare goggas self aandurf, en vir hulle beveel ek Paranix kopluis produkte aan. Ek weet uit ondervinding dat die produkte effektief is, veilig is en maklik om te gebruik. Dit bevat ook nie insekdoders nie, dus kan die kopluise nie immuun raak teen die produk nie. Dit is beskikbaar by Clicks, Dischem en die meeste apteke.
Ek gebruik Paranix Spray in my salon. Die produk het twee aktiewe bestandele:
1. Minerale olie. Dit is ‘n natuurlikke produk wat een van die beste bestandele vir die vel is. Baba olie is ‘n geparfumeerde minerale olie. Dit werk deur die beskermende was lagie om die nete en kopluise op te los. Sonder die was lagie verdamp vloeistof en dehidreer nete en kopluise.
2. Dimethicone. Dit is ‘n tipe silikoon en is een van die mees algemene produkte wat in skoonheidmiddels gebruik word. Dimethicone versmoor kopluise. Dit is baie effektief.
Dit is belangrik om die hare deeglik uit te kam na behandeling. Dit verseker 100% effektiwiteit.
Paranix Head lice Repellent moet gereeld gebruik word , veral na behandeling en as daar ‘n kopluis epidemie in die skool is. Dit is veilig om elke dag te gebruik om kopluise af te weer. Die produk bestaan uit twee bestandele – IR3535 en plant ekstrakte.
1. IR3535 word beskou as een van die mees effektiewe afweermiddels teen insekte. Dit is al vir 20 jaar in gebruik, dus is dit al bewys as ‘n veilige bestandeel.
Gaan loer gerus vir meer inligting by http://omega-labs.co.za/paranix/
Subscribe to:
Posts (Atom)
No comments:
Post a Comment