Hoekom kopluise?

Ek is ‘n ma, en het self met die nare insekte te doen gekry. Ek weet kopluise laat ma’s en kinders moedeloos, gefrustreed en tranerig. ‘n Ma kan ook ‘n fortuin spandeer op verskillende produkte wat nie veel help nie. Ek is hier vir ma’s wat nie die tyd het om kopluise te soek nie, ma’s wat na weke se gesukkel moedeloos verby is, ma’s wie se kinders weghardloop as die kopluiskam verskyn en ma’s wat kopluise gekry het en niemand het wat kan kyk en help nie. Ek behandel die probleem rustig en met empatie. My motivering is die glimlag op ma's en kinders se gesigte as ek hulle kopluis vry verklaar.  

No comments:

Post a Comment