Kopluise - leer ken die vyand


Die kopluis (Pediculus humanus capitis) is 'n parasiet wat net van menslike bloed leef. Kopluise is vlerkloos en spandeer hul hele lewensiklus op die menslike kopvel. Die nie-siekte-draende kopluis verskil van die verwante siekte-draende liggaam luis in die kopluis se habitat - die hare op die kop -  eerder as op klere en die ligaam.

Wyfies lê ongeveer 3-4 eiers per dag. Kopluise lê eiers naby die basis van 'n  haarskag. Eiers word gewoonlik gelê 3-5 mm van die kop se oppervlak. Die eier word geheg deur die volwasse vroulike kopluis wat gom van haar geslagsorgane afskei. Dit gom verhard vinnig in 'n "neet skede" oor die haar skag en groot dele van die eier. Elke eier is ovaalvormige en so 0.8 mm in lengte. Hulle is helder, deursigtig, ligbruin en koffie kleurig terwyl dit 'n embrio bevat. Die nete raak wit nadat hulle uitgebroei het - ná ses tot nege dae. Nadat die luis nimf uitgebroei het bly die leë neet dop steeds aan die haarskag. Die leë eier bly daar totdat dit fisies deur wrywing of die gasheer verwyder word. Anders sal dit stadig disintegreer, wat 6 of meer maande kan neem.

Alle stadiums leef van bloed en byt die vel vier tot vyf keer per dag. Hulle spuit speeksel  in die bytplek wat 'n anti-stollingsbestandeel bevat en suig dan die bloed.

Hoewel enige deel van die kopvel gekoloniseer kan word, verkies kopluise die agterkop  teen die nek en die gebied agter die ore, waar die eiers gewoonlik gelê word. Kopluise  haat lig en sal beweeg na  donker areas in hul omgewing.

Luise het geen vlerke of kragtige bene vir spring, nie. Hulle beweeg met hul klouagtige  bene  van haar tot  haar. Gewoonlik infesteer KOPLUISE 'n nuwe gasheer slegs deur noue kontak tussen individue,. Kop tot kop verspreiding is  meer  algemeen as besmetting deur gedeelde kamme, hoede, borsels, handdoeke, klere, beddens of kaste.  Kop-aan-kop kontak is by verre die mees algemene roete van luise oordrag.
 
 

No comments:

Post a Comment