- Menslike luise word slegs oorgedra tussen mense en kom nooit van diere nie.
- Kopluise kan net kruip tussen mense se koppe.
- Volwasse kopluise kan slegs 48 uur sonder menslikke bloed leef. Baba kopluise (nimfe) kan slegs 'n paar uur oorleef.
- Oordrag van kopluise van lewelose voorwerpe is baie ongewoon.
- Jy kan nie ontslae raak van kopluise deur jou hare te kleur nie. Hieruit kry jy slegs ‘n pragtige nuwe haarstyl.
- Kopluise verkies skoon en gesonde hare - vuil hare is glibberig en dus moeiliker om nete (eiers) vas te gom.
- Die gereelde ondersoek van alle kinders onder 14 jaar is baie belangrik.
- Jy kan kopluise kry en eers na 4-6 weke begin jeuk. Ook, 50% van besmette mense het geen simptome nie.
- Kopluise is nie draers van patogene nie.
- Nete benodig warmte en humiditeit om uit te broei en word dus naby die kopvel gelê.
Kopluise - die feite
Subscribe to:
Posts (Atom)
No comments:
Post a Comment