Voor jou afspraak
. Jou huishouding - Jy hoef nie die hele huis te steriliseer nie, want kopluise kan net 'n dag of twee weg van die kopvel leef. Kopluise is nie 'n aanduiding van 'n vuil huis nie, maar omdat ons 100% seker wil maak dat daar geen herbesmetting gaan plaasvind nie:
a - Was beddegoed, pette, serpe en handdoeke in warm water en droog in 'n tuimeldroër. - Week kamme, borsels en haar bykomstighede in baie warm, seperige water. - Stofsuig vloere, kussings, gestoffeerde meubels en motor sitplekke. - Stoor nie-wasbare items soos geliefde sagte speelgoed in 'n verseëlde sak vir 2 weke.
a
2. Die hare - Sjampoe asseblief die hare 'n paar keer indien jy 'n anti-luis sjampoe gebruik het om
enige chemiikalieë te verwyder. - Kam asseblief die hare goed uit. Koeke maak die proses veel stadiger.
a
3. Die besoek - Bring asseblief happies, sappies en vermaak (draagbare speletjies, DVD-spelers, ens)
om jou kind besig en tevrede te hou.
Subscribe to:
Posts (Atom)
No comments:
Post a Comment