1.Moet
nooit borsels, kamme en haar bykomstighede deel nie.
2.Moet
nooit hoede, pette of serpe deel nie.
3.Bring
jou eie kussings en slaapsakke as jy oorslaap of kamp.
4.Gereelde
haarwas is geen waarborg om besmetting te voorkom nie.
5.Die
beste raad is om kop-aan-kop kontak te vermy.
6.Maak
dit moeilik vir die goggas om van een kop na die ander te beweeg deur lang hare
in 'n poniestert of vlegsel te dra.
7.Gaan
jonger kinders (kinders tussen 4 en 14 jaar oud is die mees besmette groep)
gereeld na vir kopluise en nete.
8.Bly
bewus van kopluis besmetting by jou kind se skool.
No comments:
Post a Comment