Kopluise is al weer (nog steeds) ‘n groot probleem by skole,
veral vir kinders tussen 4 en 14 jaar oud. Omdat dit so moeilik is om van kopluise
onslae te raak is daar baie boererate waarby moeders sweer wat kopluise en nete
doodmaak.
Ek was verbaas en ontsteld om die verskeidenheid produkte te
sien wat desperate ma’s sal gebruik om hulle kinders van die pestilensie te
bevry. Mayonaise, honde sjampoe, kookolie, asyn, spirits, Listerine, Detol,
parafien, Vaseline, Stasoft, bier, Coke en Q20.
Februarie 2014 is ‘n man in Pretoria in hegternis geneem omdat
hy verskrikte ouers om die bos gelei het met Beatle juice. Die middel
wat as wonderkuur vir kopluise aan ouers verkoop was, is uiters giftig en bevat
’n plaagbestryder. Onderwysers en haarkappers het ouers aangemoedig om Beatle
juice te gebruik.
Kopluise, net soos al die ander insekte op aarde het aangepas om
te oorleef- ten alle koste. Dit kan bevestig
word deur die feit dat kopluise so effektief versprei, asook die nete (eiers)
wat uitstekend beskerm word en so stewig aan die haarskag gegom word dat dit tot
6 maande kan neem vir die leë dop om af te val.
Vind uit: is die produk veilig vir my kind, hoe lank is die
produk op die mark, is die produk klinies as veilig en doeltreffend bewys,
waaruit bestaan die produk? As jy ‘n onbekende produk gebruik – google die lys
van bestandele.
Daar is nie ‘n “quick fix” vir kopluise nie. Gebruik ‘n bekende,
veilige produk, volg die aanwysings noukeurig, kam die hare baie deeglik om van
nete ontslae te raak en herhaal die proses na 7 – 10 dae.
Doen dit, en die kopluise sal nie terugkom nie.
No comments:
Post a Comment