Teen die tyd wat 'n moedelose ma by my aanklop vir hulp het sy al in die omtrek van R500-00 uitgegee op produkte, om nie te praat van die ure wat sy besig was met haar kind se hare nie. Vandag is alles is duur en niemand wil geld mors nie. Die geheim om ontslae te raak van kopluise is nie die produkte nie. Daar mag geen eiers/ nete op die kop agterbly nie. Alle kopluis produkte het iewers 'n inskrywing wat verduidelik dat al die nete uitgekam moet word. Ma's kla altyd die kop luise kom terug. Nee, hulle was nooit weg nie!
By Itchy Monkeez het ek die geduld, ondervinding en toerusting om al die nete uit te kam. Probeer my eerste om geld en tyd te spaar.
No comments:
Post a Comment