Friday, 7 October 2016
Raak ontslae van kopluise met jou eerste probeerslag.
Vroulikke kopluise plak die nete aan die haarskag met 'n gom. Die gom verhard vinnig in 'n "neet skede" oor die haar skag en groot dele van die eier. Hierdie sterk gom is die kopluis se geheim om so suksesvol voor te plant en te oorleef. Die gom is so sterk dat die leë eierdop op die haarskag bly totdat dit fisies deur wrywing of die gasheer verwyder word. Anders sal dit stadig disintegreer, wat 6 of meer maande kan neem.
Die enigste manier om van kopluise ontslae te raak is om al die nete (eiers) fisies te verwyder. Alle kopluisprodukte maak dit duidelik dat die hare goed deurgekam moet word met 'n luiskam om te verseker dat geen eiers kan uitbroei nie.
By Itchy Monkeez haal ek elke eier met my vingers van die haarskag af. Die neet word vasgeknyp en met die lengte van die haar afgetrek.
Moedelose ma's kom na my toe nadat hulle verskillende produkte - teen 'n groot koste - probeer het en ure gewas en gekam het.
Kontak Itchy Monkeez die oomblik as jy sien jou kind het kopluise - ek sal jou geld en tyd spaar.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment