Maak 'n afspraak sodra jy agterkom jou kind huisves kopluise. Ek het uitstekende toerusting om die kopluise en eiers raak te sien en uit te wis. Indien jy jou kind onmiddelik bring behoort die afspraak nie langer as drie uur te neem nie. Die koste sluit al die produkte in wat ek gebruik. Probeer Itchy Monkeez en wis die kopluise uit - die eerste keer.
Friday, 28 October 2016
Wednesday, 19 October 2016
Kopluis epidemie
Kyk gereeld jou kinders se koppe deur vir kopluise. Kinders tussen die ouderdomme van 4 en 12 jaar is geneig om kopluise te kry.Kopluise hou van warm donker areas, so kyk in die areas agter die ore en die haarlyn aan die agterkop - teen die nek.
Kopluise moet so gou moontik uitgeroei word, want hoe langer 'n ouer wag (en sukkel) hoe meer luise broei uit en teel aan.
Die vroulikke kopluis kan eiers begin lê 24 uur na paring en dan kan sy tot 10 eiers per dag lê. Die eiers neem 7 - 10 dae om uit te broei. As die kopluise kans gekry het om eiers te lê kan daar binne 'n maand 'n kopluis epidemie op jou kind se kop wees.
Hoe vroeër 'n ouer die kopluise vasvat, hoe maklikker en vinniger is dit om ontslae te raak van die pes.

Friday, 7 October 2016
Raak ontslae van kopluise met jou eerste probeerslag.
Vroulikke kopluise plak die nete aan die haarskag met 'n gom. Die gom verhard vinnig in 'n "neet skede" oor die haar skag en groot dele van die eier. Hierdie sterk gom is die kopluis se geheim om so suksesvol voor te plant en te oorleef. Die gom is so sterk dat die leë eierdop op die haarskag bly totdat dit fisies deur wrywing of die gasheer verwyder word. Anders sal dit stadig disintegreer, wat 6 of meer maande kan neem.
Die enigste manier om van kopluise ontslae te raak is om al die nete (eiers) fisies te verwyder. Alle kopluisprodukte maak dit duidelik dat die hare goed deurgekam moet word met 'n luiskam om te verseker dat geen eiers kan uitbroei nie.
By Itchy Monkeez haal ek elke eier met my vingers van die haarskag af. Die neet word vasgeknyp en met die lengte van die haar afgetrek.
Moedelose ma's kom na my toe nadat hulle verskillende produkte - teen 'n groot koste - probeer het en ure gewas en gekam het.
Kontak Itchy Monkeez die oomblik as jy sien jou kind het kopluise - ek sal jou geld en tyd spaar.
Subscribe to:
Posts (Atom)