Kyk gereeld jou kinders se koppe deur vir kopluise. Kinders tussen die ouderdomme van 4 en 12 jaar is geneig om kopluise te kry.Kopluise hou van warm donker areas, so kyk in die areas agter die ore en die haarlyn aan die agterkop - teen die nek.
Kopluise moet so gou moontik uitgeroei word, want hoe langer 'n ouer wag (en sukkel) hoe meer luise broei uit en teel aan.
Die vroulikke kopluis kan eiers begin lê 24 uur na paring en dan kan sy tot 10 eiers per dag lê. Die eiers neem 7 - 10 dae om uit te broei. As die kopluise kans gekry het om eiers te lê kan daar binne 'n maand 'n kopluis epidemie op jou kind se kop wees.
Hoe vroeër 'n ouer die kopluise vasvat, hoe maklikker en vinniger is dit om ontslae te raak van die pes.
No comments:
Post a Comment