Tuesday, 19 May 2015

Monday, 4 May 2015

Kopluise is geen skande


Ek hoor gereeld:"Ek kon die luise op my kind se kop sien loop. Ek was so skaam. Ek ys as ek dink wie almal dit nog gesien het.  My arme kind, ek kan nie glo ek het dit nie agtergekom nie. Ek voel soos 'n slegte ma."

Kopluise is 'n pyn, maar dit is nie 'n skande nie.  Die slegste ding wat 'n ma kan doen is nie om 'n paar kopluise mis te kyk nie, dit is om haar te skaam daarvoor, en om haar verleentheid op haar kind oor te dra.

Moenie:
  • raas as jou kind haar kop krap nie
  • jou kind laat verstaan dat jy nou vir hom gril nie
  • van die kopluise 'n krisis maak nie
Ek weet dit is moeilik, maar:
  • bly kalm
  • verduidelik vir jou kind dat die meeste kinders tussen 4 en 14 kopluise kan kry
  • kopluise verkies skoon hare
  • saam gaan julle ontslae raak van die kopluise
Enige ma wat spog dat haar kinders nooit kopluise gehad het nie is of besig om te jok, sy was baie gelukkig of haar kinders was afsydig, en het nooit naby hulle maatjies gekom nie.

Monday, 27 April 2015

Wat is die tekens en simptome van kopluis besmetting?



 
Wat is die tekens en simptome van kopluis besmetting?
  • Kielierigge gevoel – asof iets deur die hare beweeg.
  • Gejeuk, wat veroorsaak word deur 'n allergiese reaksie op die byt van die kopluis.
  • Prikkelbaarheid en sukkel om te slaap; kopluise is die meeste aktief in die donker.
  • Sere of rooi areas op die kop wat veroorsaak word deur die gekrap.

Tuesday, 21 April 2015

Boererate vir kopluise.


Kopluise is al weer (nog steeds) ‘n groot probleem by skole, veral vir kinders tussen 4 en 14 jaar oud. Omdat dit so moeilik is om van kopluise onslae te raak is daar baie boererate waarby moeders sweer wat kopluise en nete doodmaak.

Ek was verbaas en ontsteld om die verskeidenheid produkte te sien wat desperate ma’s sal gebruik om hulle kinders van die pestilensie te bevry. Mayonaise, honde sjampoe, kookolie, asyn, spirits, Listerine, Detol, parafien, Vaseline, Stasoft, bier, Coke en Q20.

Februarie 2014 is ‘n man in Pretoria in hegternis geneem omdat hy verskrikte ouers om die bos gelei het met Beatle juice. Die middel wat as wonderkuur vir kopluise aan ouers verkoop was, is uiters giftig en bevat ’n plaagbestryder. Onderwysers en haarkappers het ouers aangemoedig om Beatle juice te gebruik.

Kopluise, net soos al die ander insekte op aarde het aangepas om te oorleef- ten alle koste.  Dit kan bevestig word deur die feit dat kopluise so effektief versprei, asook die nete (eiers) wat uitstekend beskerm word en so stewig aan die haarskag gegom word dat dit tot 6 maande kan neem vir die leĆ« dop om af te val.

Vind uit: is die produk veilig vir my kind, hoe lank is die produk op die mark, is die produk klinies as veilig en doeltreffend bewys, waaruit bestaan die produk? As jy ‘n onbekende produk gebruik – google die lys van bestandele.  

Daar is nie ‘n “quick fix” vir kopluise nie. Gebruik ‘n bekende, veilige produk, volg die aanwysings noukeurig, kam die hare baie deeglik om van nete ontslae te raak en herhaal die proses na 7 – 10 dae.

Doen dit, en die kopluise sal nie terugkom nie.

Thursday, 19 February 2015

Bly kopluis vry.



1.Moet nooit borsels, kamme en haar bykomstighede deel nie.

2.Moet nooit hoede, pette of serpe deel nie.

3.Bring jou eie kussings en slaapsakke as jy oorslaap of kamp.

4.Gereelde haarwas is geen waarborg om besmetting te voorkom nie.

5.Die beste raad is om kop-aan-kop kontak te vermy.

6.Maak dit moeilik vir die goggas om van een kop na die ander te beweeg deur lang hare in 'n poniestert of  vlegsel te dra.

7.Gaan jonger kinders (kinders tussen 4 en 14 jaar oud is die mees besmette groep) gereeld na vir kopluise en nete.

8.Bly bewus van kopluis besmetting by jou kind se skool.